Laeveld Nuus – week 40 van 2021

In die nuus uit die Laeveld hierdie week: Menseregtekommissie ondersoek medisynetekorte, duisende Laevelders ingeënt tydens Vooma-naweek, die ATKV se kuieraande is terug, en help om die Carling Kampioene-span te kies. Luister die nuushooftrekke hier.
Laeveld nuus – week 39 van 2021

In die nuus uit die Laeveld hierdie week: Vooma-inentingsveldtog die naweek, konstruksie begin op die N4 by Elandshoek, LUR bekommerd oor toename in boeliegedrag by skole en die bloedbank vra dringend skenkings. Luister die hooftrekke hier.
Laeveld Nuus – week 38 van 2021

In die nuus uit die Laeveld hierdie week: Bye-aanval eis bekende Komatipoort-bakster, private grondeienaars waarsku Makhonjwa-Wêrelderfenisgebied se status is in gedrang, Nellie-atleet laat nasionale rekords spat en gaan Bos InniMall die naweek. Luister die hooftrekke hier.
Laeveld nuus – Week 37 van 2021

In die nuus uit die Laeveld die week: Mannejag geloods na gewapende roof, weermaglid se vermeende moordenaars verskyn in die hof en registreer hierdie naweek om te stem. Luister die hooftrekke hier.
Laeveld nuus – week 36 van 2021

In die nuus uit die Laeveld hierdie week: Geliefde Laevelder in frats valskermongeluk dood, wetgewer stem in om Barberton-rioolkrisis te ondersoek en NHS-ontvangsdame aangewys as Kantoorkampioen 2021. Luister die week se hooftrekke hier.
Laeveld nuus – week 35 van 2021

In die nuus uit die Laeveld hierdie week: Voorstel aanvaar om kinderkommissaris vir Mpumalanga aan te stel, Machadodorp-wisselaar op N4 amptelik geopen, Witrivier-inwoner bereik top 10 met boereworsresep en Nelspruit Eisteddfod 2021 na twee jaar weer op die verhoog. Luister die hooftrekke hier.
Laeveld nuus – week 34 van 2021

In die nuus uit die Laeveld hierdie week: Swanger vrou se liggaam in rivier gevind, mannejag geloods na twee mans se skietdood, DA sê regstelsel faal kinders, en die Phelophepa-trein is volgende week in Mbombela. Luister die hooftrekke hier.
Oud-omroeper, Bokkie Taute, oorlede

Bokkie Taute, ‘n oud-omroeper by 100.5FM, is gisteraand in ‘n hospitaal in Pretoria weens Covid-19 verwante oorsake oorlede. Sy was een van die eerste vroue-omroepers by Radio Laeveld en was betrokke sedert sy ontstaan 18 jaar gelede tot 2007. Haar program se naam was “In almal se kraal” waar sy die gewilde “Vlooimark”, wat vandag […]
Laeveld nuus – week 33 van 2021

In die nuus uit die Laeveld hierdie week: Inentings nou oop vir alle volwassenes, Kommer oor lede op MTPA en Mega se direksies en Laeveld sekerheidsmaatskappye op hoë gereedheid vir moontlike onlus. Luister die hooftrekke hier.
100.5FM se eie Sanett op kortlys vir GoeieGons!-toekennings

Radio Laeveld 100.5FM se eie Sanett Oosthuizen is genomineer vir ‘n GoeieGons!-toekenning as Radiopersoonlikheid van die jaar. Luisteraars ken haar as die stem op 100.5FM waarmee hulle soggens wakker word en hul dag aan die gang kry. Aanvanklik het sy en Neels die Laeveld Ontbyt saam aangebied, maar sedert Desember het luisteraars gewoond geraak om […]