Mpumalanga-slaagsyfer toon klein afname

Matriekleerlinge in Mpumalanga het in 2021 ‘n slaagsyfer van 73,6% behaal, ‘n klein afname van verlede jaar se byna 74%. Van hulle het 31,5% met universiteitsvrystelling geslaag. Premier Refilwe Mtshweni-Tsipane het vanoggend die aankondiging gemaak by die Universiteit van Mpumalanga. Ehlanzeni-distrik het die hoogste slaagsyfer van 75,6%. Thaba Chweu tel onder die top vyf munisipaliteite […]

Premier dank moordbeskuldigde LUR af

Premier Refilwe Mtshweni-Tsipane het die LUR vir landbou, landelike ontwikkeling, grond- en omgewingsake, Mandla Msibi, gisteraand uit haar kabinet afgedank. Msibi word aangekla van moord en poging tot moord. Hy was na bewering betrokke by ‘n skietvoorval tydens ‘n ANC-takvergadering op 22 Augustus waain twee mense dood en een gewond is. Hy is reeds sedert […]

Vrae bly oor R278 miljoen vir ontbinde eenheid in premier se kantoor

Die provinsiale regering het na ‘n maand versuim om te verduidelik hoekom R278 miljoen betaal is aan ‘n spesiale eenheid in die premier se kantoor wat nie meer bestaan nie. Die Eenheid vir Vinnige Implementering (RIU) is in April 2013, tydens David Mabuza se termyn as premier, op die been gebring om infrastruktuurprojekte te monitor. […]