Versigtigheid op paaie bepleit

Die Mpumalanga Departement van Gemeenskapsveiligheid bepleit versigtige gedrag op die paaie tydens ‘n verwagte toename in verkeer voor skole volgende week heropen. Vyf mense is oorlede toe die sedan waarin hulle gereis het met ‘n vragmotor gebots het op die R23 tussen Balfour en Greylingstad gisteraand. Dit volg na ‘n trompop botsing tussen ‘n sedan […]

Botsing reg van voor eis sewe op N4

Sewe mense is dood en een beseer toe twee sedans vroeg Saterdagoggend reg van voor gebots het op die N4-tolpad tussen Machadodorp en Belfast. Die woordvoerder van die Mpumalanga Departement van Gemeenskapsveiligheid, Moeti Mmusi, sê die oorsaak word nog ondersoek, maar voorlopige aanduidings dui op gevaarlike verbysteek en oormatige spoed as moontlike faktore. Luister: 

Botsing eis drie tussen Barberton en Manzana

Drie mense is vroeg vanoggend dood toe ‘n vragmotor en minibus-taxi trompop gebots het op die R38 tussen Barberton en Manzana. Volgens die Mpumalanga Departement van Gemeenskapsveiligheid sluit die slagoffers twee passasiers en die taxi-bestuurder in. Die vragmotorbestuurder het geringe beserings opgedoen. Die ondersoek na die oorsaak van die ongeluk is onderweg, maar die departement […]

Tien mense sterf in twee afsonderlike padongelukke

Mpumalanga se LUR vir Gemeenskapsveiligheid, Jackie Macie, het kommer uitgespreek oor die aantal padsterftes in die provinsie. Dit volg na tien mense die naweek in twee afsonderlike ongelukke dood is. Die departement se woordvoerder, Moeti Mmusi, sê vier mense is Saterdag op die N12 dood. Gister het ses mense gesterf toe ʼn voertuig en ʼn […]