Man vasgetrek vir vergiftiging van vriendin se gesin

‘n 30-jarige man is in Elukwatini gearresteer omdat hy na bewering sy vriendin se kinders en pa vergiftig het. Volgens die polisie het die tweejarige dogtertjie, vierjarige seuntjie en hul 59-jarige oupa kort nadat hulle aandete geëet het, begin braak. Die verdagte en kinders se ma het nie van die kos geëet nie. Die dogtertjie […]

Vrou kry lewenslank na sy kêrel se kind vermoor

misdaad

Nompumelelo Portia Nkambule (37) is Vrydag in die Hooggeregshof in Mpumalanga tot lewenslange tronkstraf gevonnis nadat sy haar gewese kêrel se dogtertjie doodgemaak het. Volgens die nasionale vervolgingsgesag was klein Philisiwe Charlotte Nkosi (3) vanaf Desember tot Februarie in die vrou se sorg naby Barberton terwyl haar pa werk gaan soek het. Haar biologiese ma […]

Onwettige goudverwerker in Pelgrimsrus aangekeer

‘n Onwettige goudverwerker wat Donderdag in Pelgrimsrus aangekeer is, sal Woensdag in Graskop aansoek doen om borgtog. Volgens die Valke is die 34-jarige Thabang Ntsibane ‘n onwettige immigrant van Lesotho. Hy is tydens ‘n gesamentlike operasie tussen verskillende wetstoepassingsorganisasies aangekeer waar hy glo ‘n goudverwerkings laboratorium bedryf. Daar is ook op sakke vol gouddraende erts […]

Twee 15-jariges aangekeer vir moord na huishoudelike geweld

misdaad

Twee 15-jariges sal na verwagting vandag in die hof verskyn, nadat hulle in twee afsonderlike voorvalle Vrydag na bewering familielede doodgemaak het. Volgens die polisie hou beide voorvalle verband met huishoudelike geweld. In Bosbokrand is ‘n 65-jarige man die aand na ‘n bakleiery met sy vrou glo deur een van sy kinders doodgesteek. ‘n 49-jarige […]

Hetta Potgieter se moordenaar kry lewenslank

Shaun Oosthuizen is vanoggend tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord in 2018 op Hetta Potgieter in die Macadamia-sorgsentrum in Mbombela. Hy het gister in die Mpumalanga Hooggeregshof in Mbombela skuldig gepleit op klagte van moord en roof. Hy is tot 15 jaar gevonnis vir die roof. Potgieter is in Julie 2018 in haar wooneenheid […]