Het van Verlangekraal op die planke by Innibos

Die klassieke verhaal Het van Verlangekraal word vanjaar die eerste keer as teaterproduksie opgevoer. Charl Senekal, bedryfsbestuurder van Lefra Produksies, gesels met Laeveld Brunch voor Innibos volgende week. Luister weer:
Gé Sing laat superster se stem na 25 jaar herleef

Met Gé Sing – Hoor my lied bring Frans Swart van Lefra Produksies hulde aan Suid-Afrika se eerste ware superster. Dit is by Innibos te sien, saam met Vlerksleep, waarin Richard van der Westhuizen o.m. te sien is. Hulle kuier in die ateljee voor die fees Donderdag begin. Luister: