Shingwedzi-ruskamp heropen Vrydag

SANParke het aangekondig dat Shingwedzi-ruskamp in die Krugerwildtuin Vrydag sal heropen na die sluiting daarvan weens oorstromings in Januarie. Vir nou is toegang slegs deur die Punda Maria- of Pafuri-hekke. Herstelwerk is ook aan die gang by die Letaba-hoogwaterbrug wat die teerpad tussen Mopani en Letaba-ruskampe verbind. Ander kampe wat in die noorde heropen het […]

Twee renosterkalfies in NKW gered 

Twee jong renosters is Saterdag in die Nasionale Krugerwildtuin (NKW) gered na waaksame besoekers SANParke oor hulle gewaarsku het. Die kalfies, onderskeidelik 12 en 18 maande oud, is opgemerk waar hulle langs die pad na die Malelane-gedeelte rus. Owerhede het vinnig gereageer om hulle te vang en na ‘n veilige plek te neem. Die jonger […]

Renosterstropery neem skerp toe in Krugerwildtuin

Mpumalanga het verlede jaar ‘n noemenswaardige toename in renosterstropery aangeteken met die verlies van 178 renosters – teenoor 92 in 2024. Die meerderheid – 175 – is in die Krugerwildtuin gestroop, ‘n skerp toename van 88 in 2024. Landwyd het renosterstropery met 16% gedaal, sê Frances Craigie van die Departement van Bosbou, Visserye en die […]

Noorde van Krugerwildtuin begin heropen

Oornagbesoekers word nou weer in dele van die noorde van die Krugerwildtuin verwelkom, na kampe en toegangshekke weens oostromings moes sluit. Die Phalaborwa-hek en Phabeni-hek kan gebruik word. Bateleur-boskamp heropen môre. Mopani-ruskamp sal teen Vrydag heropen, buiten vir die restaurant en swembad. Letaba en Shingwedzi sowel as Pafuri bly ontoeganklik en gesluit. Orpen-hek is slegs […]

Vloedskade in Krugerwildtuin kan honderde miljoene beloop

Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Willie Aucamp, sê die onlangse vloede in die Krugerwildtuin het uitgebreide skade veroorsaak wat moontlik honderde miljoene rand beloop.  Hy het tydens ‘n inligtingsessie aan die media in Kaapstad vandag gesê paaie, brûe, kampe, personeelbehuising, toeriste-geriewe en water- en elektriese stelsels is geraak.  Ondanks die vernietiging was […]

Oorstromings 2026: Krokodilbrug-hek heropen môre

Die Krugerwildtuin se Krokodilbrug-hek sal môre vir dagbesoekers heropen aangesien erge weerstoestande oor die Laeveld van Limpopo en Mpumalanga bedaar het.  SANParke waarsku die situasie bly egter dinamies met ‘n damwal buite die park wat volgens berigte in gevaar is en wat operasionele toestande op kort kennisgewing kan verander.  Die Senteeko-damwal staan ​​tans nog, maar […]

Opdatering: Dagbesoeke aan Krugerwildtuin hervat, maar hekkwotas geld

SANParke het aangekondig dat dagbesoekers aan die Krugerwildtuin vanaf vandag weer toegelaat sal word. Besoeke is verlede week tydelik opgeskort te midde van grootskaalse oorstromings na aanhoudende swaar reën. Die kwotas geld by Malelane, Numbi en Paul Kruger met safari-voertuie wat ingesluit is.  Die noorde van die park bly ontoeganklik. Die noorde is erger geaffekteer […]

Krugerwildtuin beperk dagbesoekers, sluit alle toegang tot noorde

Die Krugerwildtuin het besluit om nie meer dagbesoekers toe te laat weens aanhoudende en swaar reënval wat die Limpopo- en Mpumalanga-provinsies raak. Gaste en personeel is uit Letaba-ruskamp ontruim na dit oorstroom het. Phalaborwa-hek sal ook vir ten minste 24 uur sluit so daar is tans geen toegang tot die noordelike dele van die park […]

Skole in Bosbokrand gesluit weens voortdurende reёn

Die Mpumalanga Departement van Onderwys het skole in Bosbokrand-munisipaliteit gesluit, weens gure weerstoestande. Dit reёn reeds sedert Saterdag met ‘n oranje vlak 9-waarskuwing vir ontwrigtende reёn wat vandag steeds in plek bly. Volgens ‘n woordvoerder van die departement, Gerald Sambo, het baie leerders en onderwysers gister met die begin van die nuwe skooljaar gesukkel om […]

Krugerwildtuin oorstromings: Wat is oop of onbegaanbaar?

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers. ‘n Oranje vlak 9-waarskuwing vir ontwrigtende reën oor die oostelike Laeveld van Mpumalanga en Limpopo geld steeds vandag en môre. Die wildtuin […]