Noorde van Krugerwildtuin begin heropen

Oornagbesoekers word nou weer in dele van die noorde van die Krugerwildtuin verwelkom, na kampe en toegangshekke weens oostromings moes sluit. Die Phalaborwa-hek en Phabeni-hek kan gebruik word. Bateleur-boskamp heropen môre. Mopani-ruskamp sal teen Vrydag heropen, buiten vir die restaurant en swembad. Letaba en Shingwedzi sowel as Pafuri bly ontoeganklik en gesluit. Orpen-hek is slegs […]

Vloedskade in Krugerwildtuin kan honderde miljoene beloop

Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Willie Aucamp, sê die onlangse vloede in die Krugerwildtuin het uitgebreide skade veroorsaak wat moontlik honderde miljoene rand beloop.  Hy het tydens ‘n inligtingsessie aan die media in Kaapstad vandag gesê paaie, brûe, kampe, personeelbehuising, toeriste-geriewe en water- en elektriese stelsels is geraak.  Ondanks die vernietiging was […]