NHS weer Mpumalanga se topskool

Hoërskool Nelspruit (NHS) is weer as die topskool in Mpumalanga aangewys na die bekendmaking van die 2025 matriekuitslae. “Ons leer kinders om te droom met hul oë oop,” sê Ferdi van Wijk (akademiese hoof) en Bertus Steyn (adjunkhoof) aan die Middag Game Drive. Luister:
Luister: Barberton matrieks 2025

Hoërskool Barberton se toppresterende matrieks vir die Klas van 2025 was Kudakwashe Kadzimu, Mpumelelo Sithole, Mpho Songo en Siphesihle Mona. Hulle kuier by Sonop Ontbyt. Luister:
Luister: Bergvlam matrieks 2025

Hoërskool Bergvlam se toppresteerders in die matriekeksamen van 2025 was Dillyn Baird, Thato Khoza en Takudzwa Chihaba. Hulle kuier saam met skoolhoof, Deon Visser, by die Middag Game Drive. Luister weer:
Luister: Penryn matrieks 2025

Penryn se Mieke Reingruber, Reneilwe Mokgotho en Lukhanyo Mlangeni het elk sewe onderskeidings in die IEB-matriekeksamen in 2025 behaal. Die uitvoerende hoof, Mike Eissen, het hulle na die ateljee vergesel. Luister:
Luister: Uplands matrieks 2025

Uplands College toppresteerders van 2025 is Nicole Cooper, Erin Durek, Joshua De Beer en S’nenjabulo Hlatshwayo. Hulle het gesels met die Middag Game Drive. Luister weer:
Mpumalanga matriekslaagsyfer verbeter tot 86,5%

Die matriekklas van 2025 het ʼn slaagsyfer van 88% behaal wat die hoogste in die land se Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) se geskiedenis is. Die provinsie wat die beste presteer het, is KwaZulu-Natal met 90,6%, gevolg deur die Vrystaat met 89,33% en Gauteng in die derde plek met 89,06%. Mpumalanga se slaagsyfer het van 84,99% […]