Bietjie teater tref by Innibos

Bietjie-Bietjie-Bos mag veel kleiner wees as die fees waaraan Laevelders oor die jare gewoond geraak het, maar die aanbieding bly groot. Komedie en drama is vanjaar op die planke in drie teaterproduksies. Die debuutproduksie “Wat As” word deur André Odendaal geregisseur en het Francois Jacobs, Adriaan van As en Simoné Pretorius in die rolverdeling. Die […]

Bietjie musiek, teater en kuns die week in die Bos

Bietjie-Bietjie-Bos skop môre af. Na dae van onsekerheid oor hoe pres. Cyril Ramaphosa op die Omikron-variant gaan reageer, kon almal Sondagaand ‘n sug van verligting slaak dat die fees, soos beplan, van 1 tot 5 Desember voort kan gaan. Vlak 1 van inperking bly, vir nou, in werking, met 2 000 mense wat in die […]

Bietjie-Bietjie-Bos beloof sommer baie

Na twee winters van geen Innibos Kunstefees nie, ‘n Laeveldse instelling van om en by 20 jaar, word daar vanaf 1 tot 5 Desember ‘n Bietjie-Bietjie-Bos gehou. “Uiteindelik!” slaak menige uitgehonger-vir-die-kunste inwoner ‘n sug van verligting. En wat ‘n verligting is dit nie? Hierdie weergawe van Innibos sal aansienlik kleiner wees as die fees wat […]

Innibos maak bietjie-bietjie ‘n terugkeer

Na twee jaar van geen Innibos Kunstefees nie, word daar van 1 tot 5 Desember Bietjie-Bietjie-Bos gehou. Kaartjieverkope open Woensdag. Ongelukkig moet bywoningsgetalle op die feesterrein tans beperk word tot 2 000 mense. Om voorsiening te maak vir die kunstenaars en mense wat op die terrein werk, kan slegs 1 800 kaartjies beskikbaar gemaak word […]

Klanke en geure om jou te betower by Bos InniMall

Geen fees van enige beskrywing kan sonder musiek nie. By Bos InniMall hoef jy boonop nie eens kaartjies na dié vertonings te koop nie. Jy gaan bloot lekker kuier by ‘n restaurant van jou keuse in i’langa Mall om vermaak uit die boonste rakke te geniet. Elke aand vanaf 17:00 in die Piazza tree plaaslike […]

Perdepianiste, rottevangers en narre: Dinge gaan Bos InniMall

Na twee winters van geen Innibos Kunstefeeste nie, is die Laeveld gereed om hierdie Erfenisnaweek “bos” te gaan in i’langa Mall. Reg oor die wêreld kry ʼn mens in strate en op pleine musikante wat met ʼn perdekop hul instrumente bespeel. Tydens Bos InniMall kry die Laeveld ook die geleentheid om ons eie perdepianis van […]

Lekker lag laat die dokter wag by Bos InniMall

Kom lag al jou Covid-sorge weg by Bos InniMall. Die fees skop môre af in I’langa Mall. Die toneelproduksies, is soos met elke Innibos-fees, uit die boonste rakke, en beloof om al jou kwellinge te verdryf. Komediant Schalk Bezuidenhout is te sien saam met musikant Wesley van der Westhuizen in “Schalk sing sleg”. Die gehoor […]

Elvis Blue hou vanaand in jou huis konsert

Elvis Blue gaan die Laeveld vanaand vermaak tydens die sesde en laaste aflewering van die In Jou Huis-konsertreeks. Dit word aangebied in samewerking met Innibos, kykNet en Radio Laeveld. Jo Black, Jak de Priester, Charl du Plessis, Refentse en Roan Ash was die afgelope maande reeds aan die beurt. Bywoning na die optrede is slegs […]

Gaan Bos InniMall hierdie Erfenisdag-viering

‘n Tweede winter is verby waarin Laevelders nie trakteer kon word op die land se beste kunstefees nie. Tog is ‘n plan beraam om darem van die top-vermaak waaraan ons al gewoond geraak het, volgende maand net hier in Mbombela aan te bied. Gaan Bos InniMall is in samewerking met i’langa Mall en Innibos Kunstefees […]

Skink ‘n koppie tee en kuier saam met storieverteller Jak de Priester

Na 18 jaar in die vermaakbedryf het Jak de Priester geen bekendstelling nodig nie. Met sy sielvolle stem, betekenisvolle lirieke, ritmiese musiek en vermaaklike verhoogpersoonlikheid, het hy oor die jare diep in sy ondersteuners se harte gekruip. Hy het tien studio-albums, ’n kinderalbum- en DVD, ’n boek, ’n digbundel en verskeie verhoogproduksies op sy kerfstok. […]