Spanwerk bring ‘Love Revolution’ vir Paasfees op die planke

Die Passiespel “A Love Revolution: How one man changed the world” is ‘n gemeenskapsprojek wat verskillende kerke, kore, groepe danseers en musikante van oor die Laeveld betrek. Ds. Alisna Slabbert gesels met 100.5FM. Luister: Dit vind 27 en 28 Maart by die NG Suid-gemeente in Nelspruit plaas.
Passiespele in Maart aangebied
Kerke vanaf Witrivier tot Nelspruit snoer hul talente saam om vanjaar in Maart ‘n volwaardige Passiespele aan te bied. Ds. Alisna Slabbert van die NG Kerk Witrivier vertel vir Laeveld Brunch hoe jy betrokke kan raak. Luister: Kontak 062-862-5106 vir meer besonderhede.