100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Spoedvraat haal glo 199 km/h op N4

Written by on July 17, 2024

‘n 40-jarige man is op die N4 Schoemanskloof aangekeer na hy gistermiddag glo 199 km/h gery het in ‘n 100 km/h sone.

Hy het ‘n VW Golf 5 bestuur.

Hy is aangekla van roekelose en nalatige bestuur.

Hy is borgtog van R2 000 toegestaan en sal binnekort in die Nelspruit-landdroshof verskyn.

Die LUR vir Gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Jackie Macie, sê hy hoop dit dien as waarskuwing vir ander bestuurders wat die padreëls verontagsaam.

Sien ook: Twee bendelede swaar gevonnis in Mbombela