Sonpark neem verkeerslig aan om effek van beurtkrag te bekamp

Skakel in op 100.5FM vir plaaslike nuus in Afrikaans.

Sonpark-sentrum het die verkeerslig by die kruising van Madibarylaan en Piet Retiefstraat “aangeneem”.
Dit sal aan die sentrum se kragopwekker gekoppel word sodat verkeer op dié besige roete nie deur beurtkrag belemmer word nie.
Dit geld van 07:00 soggens tot 22:00 saans.
Gené van Niekerk vertel vir die Sonop-ontbytspan hoe die inisiatief werk. Luister weer hier.