Opdatering: Vermiste seuntjie in Bosbokrand gevind

Skakel in op 100.5FM vir Laeveld nuus in Afrikaans.
misdaad

‘n Sewejarige seuntjie wat Vrydagaand in Bosbokrand vermis geraak het, is gevind.

Volgens die polisie is Bokang Wiseman Mpangane gister (Dinsdag) in bosse naby Shanganhill gevind. 

Hy was hy swak en is na die naaste hospitaal geneem vir mediese behandeling. 

Bokang is Vrydagaand as vermis aangemeld.

Hy was op besoek aan sy pa in Shanganhill toe hy nie huis toe gekom het nadat hy buite gaan speel  het nie.

n Soektog is gedoen, maar Bokang is eers Dinsdag gevind.