Soektog na pa van Lydenburg by Tubatsedam vermoor word
Written by Mireille on January 1, 2025
Die polisie in Limpopo het met ʼn soektog na ses verdagtes begin na die moord op ʼn 41-harige man van Lydenburg, JP Grobler, by die Tubatsedam naby Steelpoort Sondag.
‘n Polisiewoordvoerder, lt. kol. Stephen Thakeng, sê hy is met gholfstokke geslaan en met assegaaie gesteek terwyl hy saam met sy twee seuns (van onderskeidelik nege en 13 jaar oud) en skoonpa gehengel het.
Grobler het daarin geslaag om sy vuurwapen uit sy bakkie te kry en ʼn skoot af te vuur. Die aanvallers het op die vlug geslaan.
Die gesin het in die bakkie weggery.
Volgens Thakeng het sy skoonpa op ‘n stadium stilgehou en Grobler is deur nooddienste dood verklaar.
Luister: ENG-ThakengOnFisherman
Sy vrou Ingrid het op sosiale media geskryf die aanvallers het absoluut niks gevat nie, slegs sy lewe.
“Maar ek weet hy vlieg hoog. Hy het as ‘n ware held gesterf baklei (sic) tot die einde vir ons kinders.”
Sien ook: Proteste in Mosambiek tydelik gestaak