Vermiste vliegtuig naby Barberton opgespoor

Skakel in op 100.5FM vir Laeveld nuus.

Die wrak van die vermiste ligte vliegtuig wat Donderdag tussen Eswatini en die Kruger Mpumalanga Internasionale (KMI)-lughawe verdwyn het, is vanoggend in ‘n afgeleë area naby Barberton gevind.  

Johann Marx, ‘n private vlieënier van Pretoria, is noodlottig beseer. 

Hy was die enigste insittende.

Volgens die Lugvaartkundige Reddingskoördineringsentrum het die weerstoestande vanoggend uiteindelik toegelaat dat drie helikopters in die soektog ontplooi kon word. 

Die Burgerlugvaartowerheid ondersoek die oorsaak van die ongeluk. 

Soektog geloods na vermiste vliegtuig, 17 Oktober

‘n Cessna 206-vliegtuig is nog nie gevind nie nadat dit gister kort na hy opgestyg het vermis geraak het.

Die vliegtuig met een persoon aan boord was op pad na KMI-lughawe toe dit om 13:23 vanaf King Mswati III Lughawe in Eswatini vertrek het. Om 13:37 is sein verloor.

Volgens die Lugvaartkundige Reddingskoördineringsentrum fokus hul soektog op ‘n area naby die Barberton Natuurreservaat, suid van Barberton. 

Reddingspogings is gister deur erge weerstoestande belemmer met die gebruik van helikopters wat tans onmoontlik is weens  die weerstoestande.

Gregory Critchley van die Lugvaartkundige Reddingskoördineringsentrum sê hulle werk nou saam met alle relevante rolspelers. 

Luister:

Intussen is die slagoffers van twee afsonderlike vliegongelukke eergister in die Middellande van KwaZulu-Natal gdentifiseer.

Netwerk24 berig Martin Brown van Secunda was hoof van die advertensiemaatskappy, Digi Mag.

Die ander vlieënier was ‘n Indiese burger.

Beide het afsonderlik by die Secunda-lughawe in Mpumalanga opgestyg en sou by Margate land.

Die een wrak is Woensdagaand wes van Howick gevind en die ander Donderdagoggend in Boston.