Die soektog na Rikus Kylander (18), die matrikulant van Krugersdorp wat verlede Donderdag by Ponta do Ouro in Mosambiek vermis geraak het, gaan voort.
Volgens Dawn Gounden van Renegades Search & Rescue bly soekspanne, vrywilligers en ondersteuningsagentskappe toegewyd aan die soektog, ten spyte van uitdagende omstandighede.
Sien ook: Soektog duur voort na vermiste 18-jarige in Mosambiek
Daar is op land, in die see en per lug na hom gesoek en areas van Ponta tot die grens met Suid-Afrika tot so ver noord as Dobela is gedek.
Alle vakansiegangers, vissers, duikers, vlieёniers en hommeltuigoperateurs is gevra om op die uitkyk te bly en enige inligting wat in die soektog kan help aan te meld.
Kontak Gounden by 074-712-5855.





