Die soektog na ‘n soldaat wat op Kersdag in ‘n rivier naby Komatipoort deur vloedwater meegesleur is, is gister amptelik na ses dae afgelas.
Twee soldate was in die voertuig, en een se liggaam is die dag na die voorval gevind.
Volgens die polisie is liggaamsdele twee dae gelede op ‘n riverbank naby die grens tussen Mosambiek en Suid-Afrika gekry.
DNS-toetse moet gedoen word om die slagoffer se identiteit te bevestig.
Die Mpumalanga polisie het sy duikeenheid uitgesonder vir hul harde werk onder uiters uitdagende omstandighede.
Hulle het ook die lede van die publiek bedank wat hulle bygestaan het sowel as die spanne van SANParke, die weermag en nooddienste.
Kapt. Pottie Potgieter, die bevelvoerder van die provinsiale duikeenheid:




