Silverdae baat by 100.5FM se 20ste verjaarsdag

Skakel in op 100.5FM vir plaaslike nuus in Afrikaans.

Meimaand is ons verjaarsdagmaand en jy is genooi om op vanaand saam met 100.5FM partytjie te hou by Jock Pub and Grill.
Pieter Koen gaan ons litte losskud en verkope van die 100.5FM pizzaboks ten bate van welwillendheid is vanaand vir die SAVF Silverdae Tehuis vir Bejaardes in Waterval Boven.
100.5FM skenk 10% van die opbrengste aan hulle.
Elize Steenkamp van Silverdae gesels met Mireille.
Luister weer hier: