Riana Nel: Jy moet lief wees vir Afrikaanse mense

Skakel in op 100.5FM vir nuus uit die vermaaklikheidswêreld.

Die geliefde Afrikaanse sangeres Riana Nel het die grendeltydperk gebruik om liedjies vir mense te begin skryf oor hul eie liefdes- en lewensverhale.
Sy het met Ludi gesels oor haar jongste enkelsnit “Vanaand” en vertel hoe die ervaring haar perspektief op storievertel en optredes verander en verryk het.