R40 gesluit na noodlottige ongeluk met transito-voertuig
Written by Mireille on April 8, 2025
Motoriste wat tussen Witrivier en Mbombela op die R40 ry, word aangeraai om geduldig te wees na ‘n ongeluk vanoggend waartydens ‘n voertuig vir kontantvervoer (CIT) van agter teen ‘n geartikuleerde vragmotor gebots het.
‘n Passasier in die CIT-voertuig is op die toneel dood, terwyl die bestuurder en nog ‘n passasier wat agter in die voertuig was, ernstig beseer is.
Verkeer hoop op tot byna Rocky Drift, terwyl opruimingswerk aan die gang is.
Slegs een baan is by tye in werking.
Motoriste word aangemoedig om stadig en versigtig te bestuur.
Martin Jeffrey van Emer-G-Med was op die toneel.
Luister: