Polisiebeamptes wat glo R1,8m steel gearresteer
Written by Mireille on November 15, 2024
Vier polisiebeamptes verskyn na verwagting vandag in die Nelspruit-landdroshof vir diefstal en regsverydeling.
Die drie mans en ‘n vrou is gister in Barberton gearresteer.
Volgens die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, kapt. Dineo Sekgotodi, het hulle ‘n betaalmeester van onwettige mywerkers se huis deursoek en op R1,8 miljoen in kontant afgekom.
Hulle het die man se seun in die polisieselle toegesluit, maar niks ingeteken of ‘n saak geregistreer nie.
Hulle het glo later teenoor misdaadintelligensie beweer hulle het op slegs R200 000 beslag gelê.
Hulle is gearresteer na die seun ‘n saak teen hulle geopen het.
Luister:
Sien ook: Hooggeregshof bly gedeeltelik ontruim