100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

BORGTOG VIR VIER POLISIELEDE WAT glo R1,8M steel

Written by on November 19, 2024

Vier polisiebeamptes wat van diefstal en regsverydeling aangekla word, is vanoggend in die Barberton-landdroshof borgtog van R5 000 elk toegestaan.

Die saak is uitgestel tot 29 Januarie.

Luister:

Polisiebeamptes spandeer naweek agter tralies na hulle glo kontant steel, 18 November

Vier polisiebeamptes kan môre om borgtog aansoek doen in die Barberton-landdroshof.

Die drie mans en ‘n vrou word van diefstal en regsverydeling aangekla.

Hulle het na bewering R1,8 miljoen van ‘n onwettige myn-ringkop gekonfiskeer, maar dit nie verklaar of ‘n saak geopen nie.

Sers. Danisile Precious Mahlangu (47), Sers. Mandla Saky Ndlovu (49), sers. Bongani Dlamini (40) en sers. Doctor Zulu (42) het glo later teenoor misdaadintelligensie beweer hulle het slegs op R200 000 beslag gelê.

Volgens die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, kapt. Dineo Sekgotodi, het hulle Vrydag die eerste keer in die hof verskyn.

Sien ook: Polisiebeamptes wat glo R1,8m steel gearresteer