Die polisie van Dientjie en die polisie vir openbare orde van Hazyview monitor ‘n onstabiele situasie na die sluiting van die R532 by Hlabekisa, Bourke’s Luck Potholes.
Volgens die polisie het ‘n groep van sowat 50 mense vanoggend vroeg die pad versper het met vyf vragmotors, brandende bande en sinkplate.
Volgens ‘n vragmotorbestuurder het die groep na bewering sy voertuig met klippe bestook om hom te dwing om te stop.

Vier bykomende vragmotors is daarna voorgekeer, hul sleutels is gekonfiskeer en diesel is afgetap.
Sommige van die bestuurders is na bewering ook aangerand.
Motoriste wat probeer het om deur die gebied te ry, is na bewering voorgekeer en gedwing om geld te betaal om voort te gaan.
Motoriste wat probeer het om deur die gebied te ry, is na bewering voorgekeer en gedwing om geld te betaal om voort te gaan.

Wetstoepassing is op die toneel om die situasie te bestuur.
Gemeenskapslede word versoek om kalm te bly en hulle van onwettige aktiwiteite te weerhou.
‘n Saak van openbare geweld is geopen en ‘n ondersoek is steeds aan die gang.
‘n Saak van openbare geweld is geopen en ‘n ondersoek is steeds aan die gang.