Pediatric Care pak wêreldrekord vir motorfietse aan
Written by Mireille on January 11, 2024
Pediatric Care Africa (PCA) beplan om vanjaar tydens die vyfde Ride for a Child-motorfietsrit ‘n Wêreldrekord vir motorfietse op te stel.
Dr. André Hattingh vertel dat 4 500 motorfietse in ‘n dubbel-ry nagenoeg 50 km opneem.
PCA beplan om vanjaar ook uit te brei na die Wes-Kaap, hoewel bedrywighede in die Laeveld soos normaal voort sal gaan.
Luister weer hier:
Die Ride for a Child-rit vertrek op 11 Februarie vanuit Witrivier.
Dit is ten bate van mediese donasies vir behoeftige kinders.
Sien ook: Soektog geloods na reeks ontvoerings