100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Pastoor in Barberton aangekeer weens gouddraende materiaal

Written by on February 20, 2025

‘n Pastoor is gearresteer na hy in besit gevind is van gouddraende materiaal in Barberton.

Die polisie het Dinsdag as deel van Operasie Vala Umgodi op inligting gereageer en ‘n voertuig op die R38 voorgekeer en deursoek.

Die 40-jarige pastoor was saam met ‘n 37-jarige man.

Daar was 60 gram gouddraende materiaal in die voertuig met  ‘n geraamde straatwaarde van R60 000.

Daar was ook R9 200 in kontant.

Hulle sal binnekort in die Barberton-landdroshof verskyn.

Sien ook: Gruongeluk eis een bestuurder op R40 – Radio Laeveld