Ouers eis skadevergoeding na luiperd seuntjie (2) dood

Courtney Ntimane was 30 maande oud toe die luiperd hom in die kamp aangeval het.

Die ouers van die tweejarige seuntjie wat in 2019 dood is toe ‘n luiperd hom in die Krugerwildtuin aangeval het, het die groen lig van die Mpumalanga Hooggeregshof gekry om voort te gaan met hul skadevergoedingseis teen SANParke.

Die voorval het by die personeel se woonkwartiere by Malalane Tegniese Dienste plaasgevind.

Die kind, Courtney, se pa, Isaiah Ntimane, het daar gewoon en gewerk.

Die dier het oor die heining in die kompleks gespring en Courtney gebyt.

Hy is na Shongwe-hospitaal gehaas, waar hy dood verklaar is.

Die luiperd is onmiddellik na die voorval gesoek en van kant gemaak.

In die hof het SANParke aangevoer dat die aanval ‘n beroepsbesering was omdat Ntimane in die wildtuin moes woon en bewus was van die risiko’s wat wilde diere inhou.

Dit is deur die hof verwerp.

SANParke sê hulle bestudeer die uitspraak.