100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Ou, vrot kos in Lydenburg winkels gekonfiskeer

Written by on December 11, 2024

Verskeie winkels is vanoggend in Lydenburg ontdek wat kos verkoop wat verval het of vrot is.

Die gesamentlike operasie teen die uitbraak van voedseloordraagbare siektes is uitgvoer deur die Mpumalanga Departement van Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Ehlanzeni-distriksmunisipaliteit, Thaba Chweu-munisipaliteit, die polisie, Mpumalanga Ekonomiese Reguleerder, en Binnelandse Sake.

Die kositems sluit in gaskoeldrank, blikkieskos, beskuitjies, versnaperinge, vleis en eiers. Daar is op beslag gelê.

Daar is ook gevind die betrokke winkels voldoen nie aan higiëniese standaarde nie.

Die burgemeester van Thaba Chweu, Friddah Nkadimeng, waarsku inwoners om die vervaldatums op die kos wat hulle koop na te gaan.

Nog sulke operasies word beplan.

Sien ook: Premier bekommerd oor impak van Mosambiekse onlus