Opgradering aan Locostraat in Mbombela vorder

Pront en plaaslik: Skakel in op 100.5FM vir Laeveld nuus in Afrikaans.
locostraat

Locostraat in Mbombela word nou opgradeer na ‘n hoë kwaliteit grondpad.

Herstelwerk aan die straat, wat as ringpad dien wanneer daar probleme op die R40/Madibarylaan ondervind word, het op 27 November begin.

locostraat toe
Locostraat voor werk begin het
Locostraat nou
Locostraat tans.

Die slaggate was so erg dat die padoppervlak vervang moes word.

Die werk is in vennootskap tussen We Care 4 Nelspruit, Mbombela-munisipaliteit en private instansies.

TJ Maré van We Care 4 Nelspruit sê Mbombela het onderneem dat dit teen Februarie of Maart volgende jaar geseël en geteer sal word.

Sien ook: Sewe wat glo wild stroop vasgetrek in plantasie in Pelgrimsrus