The Greater Rape Intervention Project (GRIP) benodig baie ondersteuning hierdie tyd van die jaar, want tot 10 gevalle van geslagsgebaseerde geweld word per dag by hul 17 sorgkamers aangemeld tydens die feestyd.
Tarryn Lokotsch van GRIP vertel vir Sonop Ontbyt meer oor hul 16 Dae van Aktivisme teen Geweld teen Vroue en Kinders-veldtog.
Luister:
Koop ‘n ekstra item vir GRIP se sorgpakkie-veldtog wanneer jy by Grove, Crossing, Courtside, West End of Belladonnan SPAR inkopies doen, en skenk dit net daar in die winkel.
Elke seep, ‘n waslap, sanitêre produkte, tandepasta, ‘n tandeborsel of deodorant sal ‘n verskil maak.





