100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Ondersoek gelas na sterfte van tweejarige in Bosbokrand

Written by on October 31, 2024

Die polisie in Mpumalanga vra vir kalmte terwyl hulle die omstandighede ondersoek waaronder ‘n tweejarige seuntjie gister in Violetbank naby Bosbokrand dood is.

Volgens die polisie het hulle gereageer op ‘n noodoproep oor sibbe van onderskeidelik twee, drie, vier en vyf jaar oud wat maagpyn ervaar het.

Die jongste kind is met hul aankoms op die toneel deur paramedici dood verklaar.

Die ander is hospitaal toe geneem vir behandeling. Twee is intussen weer ontslaan.

Die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, sê hulle werk saam met gesondheidsorgkenners en ander rolspelers om beweringe te ondersoek oor kos wat die kinders vooraf sou geëet het.

Luister hier:

Sien ook: SACBW Nelspruit se vroue vlieg hoog in 2024