Olifant van strik verlos: Vlieënier vertel

Jana Meyer was verlede week betrokke toe 'n olifantbul se slurp uit 'n kabelstrik verlos moes word.

Strikke, bedoel om diere te vang vir hul vleis, gedy in die natuur en rig groot skade aan.
Gelukkig kon ‘n olifantbul wie se slurp in ‘n kabelstrik verstrengel geraak het, verlede week by ‘n reservaat in die Groter Kruger area gered word.
Dit was te danke aan Hope for Wildlife, wat gestasioneer is in Hoedspruit. Helikoptervlieënier Jana Meyer wy haar loopbaan aan bewaring en teenstropingsoperasies.
Sy het vir Mireille vertel hoe so ‘n operasie werk en die belangrike rol wat dit in bewaring speel. Luister weer hier.