Nuwe toltariewe 1 Maart van krag

Pront en plaaslik: Skakel in op 100.5FM vir Laeveld nuus in Afrikaans.

SANRAL het hul verhoogde tolhek-tariewe vir 2024 aangekondig. Dit tree op 1 Maart in werking.

TRAC N4 sê dit is vir die instandhouding van die pad.

Op die N4 Maputo-deurgang sal dit nou by Middelburg-plaza R79 kos, by Machado R118 en by Nkomazi R89 om deur te gaan.

Sien ook: Om dáárdie oomblik vas te kan vang