100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Luister: Mzanzi 2 vertel van Kanada-brande

Written by on July 24, 2023

Die tweede groep brandbestryders van Working on Fire (WoF), die Mzanzi 2, het Donderdag teruggekeer van hul ontplooiing in Kanada.

Dié land ervaar tans hul ergste brandseisoen op rekord. Sowat 11,1 miljoen ha het reeds vanjaar gebrand.

Mzanzi 3 WoFMzanzi 3 WoFVir die vyfde jaar help spanne van WoF om hul seisoenale brande te bestry.

‘n Derde groep brandbestryders het Donderdag vanaf die Kruger Mpumalanga Internasionale (KMI)-lughawe vertrek.

Piet van der Merwe, die operasionele bestuurder van WoF wat saam met Mzanzi 2 teruggekeer het, verduidelik watter groot uitdagings die inheemse bosse en turf (wat deur weerlig getref word en vir lank kan aanhou smeul) aan brandbestryders stel.

“Onder gevaarlike omstandighede kan daardie vuur weer opstaan,” sê hy vir 100.5FM.

Luister weer hier:

Sien ook: Mzanzi II-brandbestryders vertrek na Kanada