MTPA maak ontsnapte leeus van kant
Written by Mireille on April 22, 2025
Die Mpumalanga Toerisme en Parke-agentskap (MTPA) sê hulle het twee rondloperleeus van kant gemaak.
Berigte is ontvang van vier leeus wat verlede Sondag uit die Krugerwildtuin ontsnap en in die Bosbokrand-omgewing opgemerk is.
Die waarnemende uitvoerende beampte van die MTPA, Justus Mohlala, sê dit was moontlik minder as vier leeus en hulle kan nie seker wees uit watter reservaat hulle ontsnap het nie.
Hulle sal egter aanhou soek tot hulle tevrede is daar loop nie meer leeus vry rond nie.
Digte plantegroei en die voortgesette bedreiging teen beeste het hulle genoop om die moeilike besluit te neem om die diere van kant te maak.
Luister weer:
*Foto ter illustrasie