Man wat sportgoedere smokkel gevonnis

Die man is met R12 miljoen se vervalste goedere betrap.

‘n Man wat meer as R12 miljoen se vervalste sportgoedere oor die Lebombo-grenspos na Suid-Afrika probeer smokkel het, is gevonnis na hy skuldig gepleit het.

Eurico Zandamela, ‘n 46-jarige Mosambiekse burger, is in Februarie verlede jaar gearresteer met die vonds in die sleepwa van sy vragmotor versteek toe hy die land van Mosambiek probeer binnekom het.

Handelsname sluit in Adidas, Nike, Diesel, CAT, Puma, LaPorte, New Balance en Redbat.

Hy is Dinsdag met R150 000 beboet of tot drie maande tronkstraf gevonnis deur die Nelspruit spesiale hof vir kommersiële misdade.

Die helfte van die vonnis is opgeskort vir vyf jaar.

Sy medebeskuldigde, ‘n sekerheidswag wat by die grens werk en daarvan beskuldig word dat hy Zandamela probeer help het, het onskuldig gepleit.

Die saak teen Sibusiso Ngwenya is tot 11 Desember uitgestel.