Die grenspolisie het ‘n man wat na bewering R4,2 miljoen se dwelms oor die grens probeer smokkel het, by Lebombo aangekeer.
Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, kol. Donald Mdhluli, is die metamfetamien Vrydagaand versteek gevind in ‘n verskuilde kompartement in die kombi wat die 36-jarige verdagte vanaf Mosambiek bestuur het.
Hy verskyn vandag in die hof in Komatipoort.
Luister: