LUR vergader met Nkomazi-boere oor veediefstal
Written by Mireille on November 21, 2024
Die LUR vir gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Jackie Macie, lei môre ‘n gesprek met boereverenigings en vee-eienaars in Nkomazi-munisipaliteit oor veediefstal.
Dit is ‘n algemene probleem regoor die provinsie en dié munisipaliteit.
Die doel van die vergadering is om geïntegreerde planne te bespreek om die vlaag te bekamp.
Volgens Macie se departement is ‘n groot kwelling onder eienaars dat hulle nooit hul vee terugkry as hulle eers oor die grens geneem is nie, en dat dit hul lewensbestaan bedreig.
Dit vorm daarom deel van die regering se inisiatiewe oor misdaadvoorkoming m.b.t. landelike veiligheid en grensbeveiliging.
Die vergadering is Vrydag om 10:00 in die Boschfontein-gemeenskapsaal.
Sien ook: Varsproduktemark eersdaags in gebruik?