Die liggame van ‘n egpaar wat Maandagaand in hul voertuig op die Longtom-pas in die Sabie-area ontdek is, is gister herwin.
Volgens die polisie is hulle nog nie formeel uitgeken nie.
Tobie en Antoinette Strydom van Horseshoe Trout & About Sabie-plaas was sedert Saterdagaand vermis.
Sowat 40 km verder op die Morgenson-pas op die R533 het verbygangers die oorskot van ‘n man ontdek.
Volgens die polisiewoordvoerder, brig. Donald Mdhluli, was hy tussen ‘n dubbelkajuitbakkie en boom vasgekeer en in ‘n gevorderde stadium van ontbinding.
Hulle vermoed dit is ‘n 72-jarige man wat in Maart in Pelgrimsrus as vermis aangemeld is.
Luister: