Lefpa laat weer voorbrande toe
Written by Mireille on August 1, 2024
Die Laeveld brandbeskermingsvereniging (Lefpa) sê brandpermitte word weer uitgereik, mits die gunstige weerstoestande volhou.
Die uitreik van brandpermitte is verlede maand opgeskort te midde van verwoestende veldbrande.
Dit word nou weer toegestaan, maar slegs Maandag tot Donderdag en nie Vrydae, naweke of openbare vakansiedae nie.
André Scheepers, die bestuurder van Lefpa, sê grondeienaars wat voorbrande wil maak, moet hul bure raadpleeg voor hulle om ‘n permit aansoek doen.
Geen brand van takke of dergelike afgesnyde materiaal word egter toegelaat nie.
Raporteer brande by 086-066-3473.