Lebombo: Tegniese probleme laat N4 verkeer ophoop

Skakel in op 100.5FM vir nuus wat jy moet weet uit die Laeveld in Afrikaans.
Lebombo N4 verkeer 6 Junie 2023 (1)

Tegniese probleme by die Lebombo-grenspos veroorsaak sulke erge verkeersopeenhopings op die N4-tolpad, dat die roete tussen Coopersdal en Strydomsblok by Komatipoort vanoggend heeltemal geblokkeer was.
Die tegniese probleme word landwyd by talle grensposte ondervind.
Dit het tot gevolg dat grensbeheerbeamptes die oorgrensverwerking van vragmotors en vragte met die hand moet verwerk.
In ‘n gesamentlike verklaring sê die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), die polisie, grensbestuursowerheid (BMA), Padvragvereniging (RFA) en die Suid-Afrikaanse Vereniging van Vragversendings (SAFV) dat die N4 na Maputo deur die Lebombo-grenspos die kwaaiste ontwrig word.
Luister die volledige berig hier

‘n Beroep is gedoen op almal om geduldig te bly en voorafklaring vir vragte te bekom terwyl daar onverpoosd gewerk word om die tegniese probleme uit te klaar.
Sien ook: Motoriste aangeraai om N4 by Vosman te vermy