100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Lebombo-grens weer ten volle operasioneel

Written by on November 11, 2024

Die Grensbestuursowerheid en die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het Saterdag vragbedrywighede by die Lebombo-grenspos hervat.

Die grens is verlede week tydelik gesluit weens geweldadige onlus in die buurland, wat gevolg het op die betrede verkiesingsuitslag.

Die opeenhoping van skeepsladings is opgelos nadat Mosambiek die verwerkingstelsels by Ressano Garcia herstel het.

Die woordvoerder van Grensbestuur, Mmemme Mogotsi, moedig reisigers aan om op die hoogte te bly van enige verwikkelinge.

Luister: ENG-MogotsiOnBorder

Intussen het die voorsitter van die Oorgrensvereniging, Joseph Ntemane, ernstige finansiële verliese vir die taxibedryf bevestig weens die onlangse sluiting van die grens met Mosambiek. D

Hy sê taxi-bestuurders het erg deurgeloop met voertuie wat op krediet gekoop is, omdat hulle nie ‘n inkomste gehad het tydens die sluiting nie.

Ntemane vra vir ‘n vinnige oplossing in Mosambiek vir sakebestendigheid en vrag:

Luister: ENG-NtemaneOnTaxi

Lebombo-grens weer gedeeltelik oopgestel, 8 November 17:08

Die Grensbestuursowerheid van Suid-Afrika en ‘n Mosambiekse afvaardiging het ooreengekom om die Lebombo-grenspos om 15:00 weer gedeeltelik oop te stel.

Dit geld nog nie vir vragmotors nie: Mosambiek is besig om hul voorbereidings vir vragverwerking te finaliseer, en dit sal toegelaat word sodra daardie kant van die grens gereed is.

Alle rolspelers het die versekering gegee dat veiligheidsmaatreëls vir alle belanghebbendes getref is – met die doel om verdere verliese aan inkomste te verhoed.

Die grenspos is sedert Dinsdagaand gesluit weens geweld wat gepaardgaan met die bestrede uitslag van die onlangse verkiesing in die buurland.

“Die hoëvlak-betrokkenheid van die regering van Mosambiek se nasionale leierskap vir werkbare oplossings was vrugbaar,” het die kommissaris van die Grensbestuursowerheid, dr. Michael Masiapato, gesê.

“Vragbeweging tussen Suid-Afrika en Mosambiek sal hervat word sodra die stelsels aan die Mosambiekse kant gereed is.”

Lees meer oor die verwikkelinge by die grens die afgelope week: Lebombo steeds gesluit vir verkeer


×