Die Mpumalanga XCO bergfietsreeks het die naweek afgesluit.
Paul Coetzee en Louis Coetzee van Laerskool Bergland is opgeneem in die Mpumalanga-span, wat oor twee weke aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe in Bloemfontein deelneem.
Theané Pelser, in Laerskool Witrivier, het die reeks algeheel tweede in die sub-junior-kategorie afgesluit en behaal daarmee ook Mpumalanga kleure.
Hoërskool Nelspruit is aangewys as die wenskool in die provinsie.
Die TWK Bergfietsreeks begin op 23 Julie.
