Laeveld 4×4-klub bied avontuur in die natuur

Bly ingeskakel op 100.5FM vir Leaveld nuus in Afrikaans.
Laeveld 4x4-klub

Die Laeveld 4×4-klub is bedoel vir natuurliefhebbers en avontuurlustiges.
“In die Laeveld is ons bederf met al die geleenthede wat hierdie area bied,” sê Johan Spies van die klub.
Dit is ook ideaal vir diegene wat hul bestuursvernuf wil toets en verbeter.
Hy sê enige fabrikaat van voertuig is welkom en die klub het doelgemaakte hindernisse waar jy kan oefen.
“Dit is iets wat ‘n mens leer soos jy aangaan.”
Die Laeveld 4×4-klub raai enigiemand aan wat die wonderlike natuurskoon in die omgewing met hul voertuie wil gaan verken, om veiligheid eerste te stel.
Herman en Letitia Entres gesels saam met Sonop Ontbyt oor dié stokperdjie.
Luister hier:

Sien ook: Seekoei aanval eis SANParke ondersoeke