Kuier in die gange van die geskiedenis by Onze Rust
Written by Mireille on December 30, 2021
Radio Laeveld 100.5FM het geskiedenis gemaak deur gister regstreeks uit te saai vanaf Onze Rust-landgoed, die familieplaas van oudpresident MT (Martinus Theunis) Steyn.
Steyn was die sesde en laaste president van die onafhanklike Republiek van die Oranje Vrystaat van 1896 tot 1902. Dit was die eerste keer dat enige radiostasie vanaf die historiese baken uitgesaai het.
Gerhardt Nel het die pad gevat Vrystaat toe, en ‘n entjie buite Bloemfontein met Steyn se agterkleinseun, adv. Colin Steyn, gesels oor die geskiedenis, sy indrukwekkende versameling Anglo-Boereoorlog-memorabilia, Magersfontein, die Bloemfontein konferensie en, natuurlik, sy grootjie.
Luister weer hier na ‘n deel van die gesprek.