Krugerwildtuin teken rekordbywoning aan op Erfenisdag

Die Krugerwildtuin sê hy het op Erfenisdag gister, wat saamval met Nasionale Parkeweek, 'n rekordbywoning aangeteken.

SANParke sê talle natuurliefhebbers het besoek afgelê om wildlewe en landskappe te geniet, maar van die gaste is weggewys as gevolg van kapasiteitsbeperkings en veiligheidsprotokolle.

Die park se bestuur versoek toekomstige besoekers om vooraf te bespreek en teleurstelling te voorkom.

Gratis toegang duur tot môre, en standaard hekkwotas geld. Daar sal hierdie naweek geen gratis toegang wees nie.