Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
‘n Oranje vlak 9-waarskuwing vir ontwrigtende reën oor die oostelike Laeveld van Mpumalanga en Limpopo geld steeds vandag en môre.
Die wildtuin moedig voornemende besoekers om uit te stel as hulle kan.
Rey Thakhuli, die hoofbestuurder van kommunikasie en bemarking vir die Krugerwildtuin, gee ‘n opdatering oor wat oop en gesluit is tans.
Luister:
Foto: SANParks Honorary Rangers Facebook




