Twee werknemers van ‘n winkel in Witrivier wat gister in hegtenis geneem is vir dwelmhandel, het vandag in die landdroshof in dié dorp verskyn.
Dit kom na inligting van ‘n plaaslike skool ontvang is oor kinders wat in besit van damprookprodukte met dagga gevind is.
Beamptes het dagga by die winkel gekoop, en ‘n klopjag is uitgevoer.

‘n Groot hoeveelheid dagga-geïnfuseerde produkte, insluitend lekkers, sap, potplante, lollies, sjokolade en kola, is gekonfiskeer, met ‘n geraamde waarde van meer as R2,3 miljoen Rand.

Die winkel, geleë in Williamstraat 21, het net op 1 November sy deure geopen.
Estelle de Beer (43) is borgtog van R1 000 toegestaan.
Zinhle Mabuza (23) bly in aanhouding terwyl sy adres bevestig word.
Beide moet weer op 17 November in die hof verskyn.





