KANSA ondersteun jou só landwyd en gratis

KANSA bied 'n reeks praktiese ondersteuningsdienste vir kankerpasiënte en hul geliefdes.

KANSA is daartoe verbind om mense wat kanker in die gesig staar met inligting, raad en emosionele ondersteuning te bemagtig waar hulle woon.

Cisca Loggenberg van KANSA verduidelik hoe sfitingstoetse werk, wat KANSA jou bied, hoekom jy dit moet doen, en hoe gereeld dit nodig is.

Luister: 

In November, mansgesondheidbewustheidsmaand, het ons gesels met prof. Michael Herbst van KANSA oor prostaat- en testikulêre probleme.

Luister: 

Oktober is borskankerbewusmakingsmaand. Sharon Venter, KANSA se koördineerder vir versorgingsoorde in George en die dienskoördineerder vir palliatiewe sorg, stomasorg en kliniekondersoeke in die Suid-Kaap en Karoo, het meer oor bors- en servikale kanker vertel.

Luister: 

Kinders wat met kanker gediagnoseer word het spesiale behoeftes wat verskil van dié van volwassenes. Anina Meiring, dienstebestuurder van die TLC-program, wei uit oor die spesifieke ondersteuning wat hulle bied.

Luister:

Dorothy du Plooy is KANSA se dienste spesialis wat nasionaal verpleginsondersteuning en hulp met stomas bied.

Luister:

Vlooi Venter, kliniese verplegingspesialis, vertel meer oor die kliniese ondersteuning wat KANSA bied.

Luister:

Maatskaplike werker, Gretchen Minnaar, vertel meer oor hul telefoniese beradingsdienste in ‘n verskeidenheid tale.

Luister:

Kontak KANSA. Besoek Cansa.org.za, skakel 0800-22-6622 of stuur ‘n WhatsApp na 072-197-9305.