ActionSA lei vandag die tiende herdenking van die Lily-myn-tragedie, presies ‘n dekade sedert Pretty Nkambule, Solomon Nyirenda en Yvonne Mnisi lewend begrawe is toe ‘n skag op 5 Februarie 2016 ineengestort het.
Hul families het gister in aanloop tot die herdenking ʼn klag by die Menseregtekommissie in Mbombela ingedien.
ʼn Woordvoerder vir die families, Harry Mazibuko, sê die Nasionale Vervolgingsgesag en die Departement van Minerale Hulpbronne en Energie het versuim om behoorlik op te tree na die uitslag van ʼn ondersoek ʼn paar jaar gelede.
Luister:
Vandag se geleentheid by die myn in Low’s Creek word deur ActionSA se president, Herman Mashaba, en die party se parlementêre leier, Athol Trollip, gelei.











