In foto’s: Die Pumas wen vir die eerste keer die Curriebeker

Skakel in op 100.5 FM vir plaaslike nuus.

Die Airlink Pumas het gister in Kimberley geskiedenis gemaak deur vir die eerste keer ooit die Curriebeker te wen.
Hulle het die finaal teen die Griekwas in Kimberley met 26-19 gewen.
Die span is Sondagoggend luidkeels deur ondersteuners terug verwelkom by Mbombela-stadion.
Puntemakers:
Airlink Pumas 26 (18) – Drieë: Devon Williams, Eduan Swart, Willie Engelbrecht. Verdoeling: Eddie Fouche. Strafskoppe: Eddie Fouche (3).
Windhoek Draught Griekwas 19 (9) – Drie: Munier Hartzenberg. Verdoeling: George Whitehead. Strafskoppe: Whitehead (4).
Bekyk die foto’s hier:

Foto’s: Johan Orton